SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng

Foto Artikels

Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan : Webwerf Ontwerp
Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan : Webwerf Ontwerp
Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan
South African Hunter’s and Game Conservation Association - Springbok Branch, Brakpan
Springbok Juniors
SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Springbok Branch, Brakpan

Oulike Staaltjie.... Stuur die kinders bed toe

Om hierdie storie te lees, moet jy ouer as 18 wees

Erkenning aan die skrywer, onbekend

Oom Otley vertel my dié staaltjie oor hulle wildtuintoer:

As jou water na drol stink en jy sien nie een dryf nie, moet jy selfinspeksie doen en seker maak jy is nie dalk self die

drol wat almal se water gatterig laat smaak nie.

Sommer met die intrapslag hou ek niks van die Ingelsman wat my kleindogter hier by ons kom aansleep nie. Vir weke

al sien ons uit na haar kuiertjie uit London en aan die begin kon ons nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse boyfriendjie

wou saamnooi op ‘n onvergeetlike toer saam met Oupa en Ouma deur die Kruger Wildtuin nie. Uiterlik nie ‘n onaange-

name seun nie, maar toe die bleeksiel sy bek oopmaak en my met “Hello Gramps” groet, is my moer klaar suur. Sulke

voorbarige vermetelheid. Met die pap handjie waarmee hy bladskud, skud ek hom amper uit sy oorbel en hy het reeds

een verloor.

Maar opgedress vir die okkasie hoor. Leerstewels wat amper tot by sy knieë kom, sy khakibroek al die pad ingedruk.

Met sy dik belt se gespe sal mens ‘n olifant met twee houe kan doodslaan. Wat die man als gelees het oor Suid-Afrika

weet ek nie, maar aan die belt is ‘n waterbottel, ‘n mes wat amper sy stewels raak, ‘n moonbag met ‘n rooi kruis op en

een van daai kanariegeel selfone met die baie knoppies. Die man dra ‘n swart t-shirt wat sê rook is verbode en iets van

die aardbol wat warm word. Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies oor Desember nie. Warm gaan die man beslis

warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het Kleinpop my agteraf gewaarsku dat die man so bietjie opgewonde oor

tabakgebruik kan raak.

Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop geleer. ‘Dankie, kak en lekka.’ Alles is kak of lekka.

Kleinpop is lekka.

Ons paaie is kak. Die son is kak. Ouma se koeksisters is lekka. Vreeslik puntenerig oor kos ook, die mannetjie. Eet nie

vleis nie, eet nie dit nie, eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens, ens.

Ek kon dit nog vat toe die man iets van “kak SUV” sê toe hy in die kombi klim, maar toe die man “kak music” op my

Klipwerf mompel, steek ek summier my pyp op. Sommer so in die ry, soos ek altyd maak. Kleinpop probeer nog ver-

bouereerd keer, maar Oupa leer die man nog bietjie Afrikaans:

“Fok jou, in my van rook ek, broer.”

Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse kombinasies:

“Fok, this rook is lekka kak, dankie.”

Maar met ‘n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka kak in die wildtuin. Teen dag drie is die man se slaaiblare wat

hy in Phalaborwa se Spar gekoop het al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se padkoskoekisters, Nik-Naks en braai-

vleispap sonder sous. Teen aand vier is hy honger genoeg om sy vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie openlik

nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk ‘n tjop of drie na die man se tentjie toe smokkel.

Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maagreaksies op vleis. Net mooi in die middel van nêrens en op die dag

se hitte kom klop die man op my skouer hier voor in die kombi, so in die ry.

“I MUST go!” beduie die man na sy poephol asof ek nie lankal kon ruik wat hy wil doen nie.

Ek stop maar die kombi naby ‘n laagte boompies. Dit is in elkgeval so warm, geen dier sal dit in die omgewing waag nie.

“There,” beduie ek hom na die boompies.

“No ways!” protesteer die mannetjie toe.

Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels dat daar “no ways” is dat hy verder my kombi se binnelug met sy buik-

winde gaan ontsier.

As hy nie nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.

“Gee vir die man kakpapier,” beveel ek vir Kleinpop.

Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek “No, I want nice paper please!”

Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy natuurtoilet. Na ‘n rukkie verdwyn hy agter die

boompies. Ons kyk maar almal versigtig in die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou daar dalk onge-

diertes nader sluip.

Nou een ding van die Wildtuin. As een kar stop, stop almal agter hom om te kyk watse diere kyk die voorste kar. Veral

so op die middaghitte as daar min is om te sien. Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land Rover agter ons stop.

Die gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk. Hulle wil ook sien wat ons sien. Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie

stop. Een ou klim uit met ‘n groot kamera op ‘n driepoot. Nog karre stop. Na vyf minute lyk dit soos die Dakar Rally wat

wil afskop. Groepies brawes staan teen die reëls orals buite hul karre en kyk met lang lense. Party klim bo-op hul voer-

tuie se dakke vir ‘n beter uitsig. Wild was besonders skaars hierdie jaar.

Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien was dit ‘n oorywerige verbeelding in ‘n desperate soeke na diere.

Maar toe die ou so ses karre van ons af skree “Leeu, ek sien hom!” weet ek die Ingelsman verstaan meer Afrikaans as

wat ons gedink het. Met al die mense wat so staan en kyk na die veld agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.

Soos ‘n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy bostoilet uit en hardloop vir die kombi. Die broek om die

enkels laat die man so paar keer pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke keer merkwaardig. Sy roete na die

eindpaal is een stofbol soos die man beweeg. By die kombi aangekom is die man se broek darem min of meer heup-

hoogte, maar in die veld lê ‘n lang mes en ‘n kanariegeel selfoon. Die Ingelsman soek dit klaarblyklik nie terug nie. Die

konvooi karre agter ons, ry stadig verby, terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke kry. Te oordeel aan

die hoeters en gesigte het die mense waarde vir geld in die wildtuin gekry.

Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit. Dié het sommer vroeg ‘n vlug London toe gevat. Sy wil hom nie

weer sien nie.

Miskien was dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier. Miskien was dit die klein, bleek, swaaiende voorgedagte.

SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng
SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng
Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan : Webwerf Ontwerp

Vennote - Adverteer

SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng