SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng

N17 Uile Projek

Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan : Webwerf Ontwerp
Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan : Webwerf Ontwerp
Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan
South African Hunter’s and Game Conservation Association - Springbok Branch, Brakpan
Springbok Juniors
SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Springbok Branch, Brakpan
SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng
Julie 2014 N17 Uile projek Geagte mede jagters, Soos almal bewis is het die Uile se sterftes op die N17 tussen Springs en Devon met 90% verminder gedurende die tyd wat ons besig is met die projek. Ons kry gereelde terugvoer van die boere asook die publiek wat op die N17 reis aangaande voël sterftes van alle tipe voëls wat waarge- neem word. Die boere is ons baie goedgesind en ondersteun die projek. Hier is 'n kort beskrywing van wat gebeur tydens ons besoeke aan die uil “restaurante”. Soos op die fotos gesien kan word, word die area om die voerpype en ook die pale waarop die uile sit skoongemaak. Daar word opnames gemaak van wat om die ruspale gevind word soos knaagdier oorskot, bene en sogenaamde “fur balls” wat aandui hoe gereeld die uile ons “restaurante” besoek. Die inligting word gebruik om te verseker dat die program werk. Op grond van die sukses wat ons die afgelope jare behaal het, het ons met “Wildlife in Crises” onderhandel om van die Uile wat gere- habiliteer was of daar by hulle uitgebroei het in 'n geskikte omgewing los te laat. Na onderhandeling met Dries Duvenhage van die plaas Hanroux by Devon het ons 3 Gevlekte Oor Uile losgelaat. Die Uile word gemoniteer deur beide die boer en onsself wanneer die plaas besoek word vir instandhouding van die Uile se voer pype. Die 3 uile word gereeld gewaar en is in 'n uitstekende kondisie – wat getuig van die welslae van die projek. Ons opregte dank aan Ken en Judy vir hulle aandeel in die sukses van die vrylating. Onderhandelinge met Schoeman Boerderye is tans in aanvang en ons hoop om binnekort daar ‘restaurante’ te vestig en ook dan meer gerehabiliteerde Uile vry te laat. Daar was gedurende die jaar besluit om kennisgewingborde op te rig langs die N17 snelweg net buite Springs en ook Devon wat die publiek bewus kan maak van ons projek. Dit het die nodige uitwerking gehad en die kantoor ontvang basies daagliks navrae oor die projek en ook mense wat meer inligting wil hê oor uile. Aan almal wat gehelp het en nog help met die projek wil ek net baie dankie sê, sonder julle hulp sal en kan die program nie 'n sukses wees nie. Baie dankie jagters, en groete aan almal. Bewarings Koördineerder Ben J.J van Vuuren M +27 (0)83 784 1436  E  Ben@fibreco.co.za 
Uile Foto Gallery Uile Foto Gallery
SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng
Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging - Springboktak, Brakpan : Webwerf Ontwerp

N17 Uile Projek

SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Branch, Brakpan - Gauteng